Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Buiteslaap" deur GEORGE WEIDEMAN
"Buiteslaap" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #22692] Do, 29 April 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
BUITESLAAP
George Weideman

Somers kon ons buite slaap: wit
hopies wasgoed ál om die huis geskik.
Dan het ons lê en kyk hoe glad ons skip
- dié ou skedonk genaamd aarde -
deur 'n see van sterre en donkerte glip.

Ons kon soveel wys word uit die lug:
die jagter en sy hond, die Suiderkruis,
boogskutter en bok, die hele sodiak.
Die naaste ster was toe nog ver,
die eerste Spoetnik 'n verdoolde Kosak.

'n Verskietende ster is 'n vonk verdwaal
uit die gode se smeltkroes;
miskien die melkweg se agteros;
of dalk, sou oupa knipoog, het daar
nou net 'n siel uit die vagevuur gedros.

En iewers, hoog en diep daarbo, in die engelebak
'n hemeling of twee wat hul aan óns vergaap:
bondels in die maanlig op die bleik;
skerp afgeteken teen die kolesak
die blou en bruin skip van ons skimmeryk.

So sou ek wegdut en wakker word
en my tot ligword verwonder oor
ons kantelende reis.
In die verte speel 'n donkie doedelsak.
In die verte speel amazing grace.
Re: "Buiteslaap" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #22765 is 'n antwoord op boodskap #22692] Wo, 05 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
muriel mckenna  is tans af-lyn  muriel mckenna
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dankie George
Ek het jou 'Buiteslaap' geniet. Dis goed om els te lees dan moeilhede
van die land.
Ongelukkig is dit die mensa wat die land 'n slgte naam vergeer. murphy

@igs.net wrote:

> BUITESLAAP
> George Weideman
>
> Somers kon ons buite slaap: wit
> hopies wasgoed ál om die huis geskik.
> Dan het ons lê en kyk hoe glad ons skip
> - dié ou skedonk genaamd aarde -
> deur 'n see van sterre en donkerte glip.
>
> Ons kon soveel wys word uit die lug:
> die jagter en sy hond, die Suiderkruis,
> boogskutter en bok, die hele sodiak.
> Die naaste ster was toe nog ver,
> die eerste Spoetnik 'n verdoolde Kosak.
>
> 'n Verskietende ster is 'n vonk verdwaal
> uit die gode se smeltkroes;
> miskien die melkweg se agteros;
> of dalk, sou oupa knipoog, het daar
> nou net 'n siel uit die vagevuur gedros.
>
> En iewers, hoog en diep daarbo, in die engelebak
> 'n hemeling of twee wat hul aan óns vergaap:
> bondels in die maanlig op die bleik;
> skerp afgeteken teen die kolesak
> die blou en bruin skip van ons skimmeryk.
>
> So sou ek wegdut en wakker word
> en my tot ligword verwonder oor
> ons kantelende reis.
> In die verte speel 'n donkie doedelsak.
> In die verte speel amazing grace.
Vorige onderwerp: Dankie vir die gedigte
Volgende onderwerp: "Salome Dans" deur NP van Wyk Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 02:28:45 MGT 2024